top of page

Karoo Manna is 'n versameling van 277 huiskosresepte - 'n kombinasie van Suid-Afrikaanse treffers, klassieke gunstelinge en nuwe idees.

 

Dit is propvol inspirasie vir sowel beginnerkokke as ou hande in die kombuis. Die meeste van die disse verg min moeite, want niemand het meer tyd om ure voor die stoof deur te bring nie.

 

Daar is iets wat soos huis voel aan 'n varsgebakte brood of 'n warm nagereg pas uit die oond. Kos bring mense bymekaar, veral wanneer dit met liefde voorberei word. Elke resep in hierdie boek is met sorg deur Marie en Ansu saamgestel, geïnspireer deur familietradisies, nuwe ontdekkings en hul gesamentlike passie vir kosmaak, almal getoets en vervolmaak in hul kombuise.

 

Of jy nou 'n vinnige aandete maak of 'n spesiale maaltyd vir familie en vriende voorberei, hul hoop hierdie boek inspireër jou om met selfvertroue en kreatiwiteit te kook. Mag elke gereg 'n storie vertel, en mag Karoo Manna die hartjie van jou huis warm hou.

Karoo Manna Resepteboek - Marie Brumm & Ansu Erasmus

Rating is 5.0 out of five stars based on 1 review
SKU: GG3043
R650.00Price
Quantity

    Reviews

    Rated 5 out of 5 stars.
    Based on 1 review
    1 review

    • Rieta5 days ago
      Rated 5 out of 5 stars.
      Verified
      Karoo manna resepteboek

      Dit is baie goeie saamgestelde resepteboek en met baie resepte Ek is in my element met die boek Dankie

      Was this helpful?
      Store Owner
      5 days ago

      Goeiemiddag Rita


      Baie dankie vir die mooi resensie. Ek sal die boodskap oordra aan Marie.


      Windmill-groete

    RELATED PRODUCT

    bottom of page